Globaal bekeken
Die Hervormer (Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika) bevat een rubriek Historische kalender. Hier volgt een stuk over de ziekentrooster, in de mooie Zuidafrikaner taal.
Willem Barentsz Wylant
'Toe Jan van Riebeeck driehonderd en vyftig jaar gelede in die Kaap aan wal gegaan het, was die eerste sieketrooster Willem Barentsz Wylant, in die geselskap. Vir die eerste dertien jaar sou die nedersetting sonder die dienste van 'n vaste predikant moes klaarkom. Veral die eerste twee sieketrooster voor die koms van die eerste predikant aan die Kaap het pionierswerk van onskatbare waarde verrig en kan tereg beskou word as grondleggers van die kerk en Christendom hier aan die suidpunt van Afrika: genoeme Wylant en Pieter van der Stael, wat met Van Riebeeck se sustergetroud was, wat direk na sy koms in die Kaap in 1656 tot en met sy vertrek na Batavia gereeld omvattende verslac na die Classis Amsterdam gestuur het. Die sieketrooster het sy beslag in die Nederlandse Hervormde Kerk gekry voordat De Vereenichde Oost-Indische Compagnie met sy werksaamhede begin het. In kerklike acta word reeds in 1572 melding gemaak van sieketroosters. In 1578 stel die Kerkraad van Gemeente Amsterdam 'n sieketrooster aan. Die duidelikste gegevens in verband met die opdrag en taak van die sieketroosters word in die verskillende instruksies wat telkens deur die Here XVII uitgereik is, vervat. Op 24 Augustus 1617 het die algemene vergadering van die Here XVII te Middelburg 'n Instruksie vir predikante en sieketroosters opgestel waarin die taak van hier-die ampsdraers noukeurig bepaal is.
Volgens de Instructie uan die Here XVII moes die sieketrooster hulle met alle soeticheyt, ernst ende vlyticheyt, tytlyck ende ontydelyck toesien dat die oggend- en aandgebede met behoorlycke aendachtgehou en deur almal gefrequenteert word. Sodagoggende en - middae en soms in die week moes hulle vir vermaningen ende ander Christelycke oeffeningen ende gebeden sorg. Hier het hulle die sang gelei en enkele capittelen uit die Woord of'n goet sermoen uit 'n erkende preekbundel stigtelik voorgelees, maar is nooit toegelaat om 'n preek van hulle eie te lewer nie.
Die sieketroosters se agtergrond en toerusting was soms nederig en skamel. Uit 'n ontleding wat van 102 sieketroosters gedoen is, blyk dat 18 van hulle voorheen kleremakers was, 14 onderwysters, 9 predikante, 5 skoenmaker, 5 soldate, 1 apteker, 1 loodgieter en 1 timmerman. Daar was selfs 'n rektor onder die getal. Onder die name was 'n Joodse rabbyn en twee vroeëre Rooms-Katolieke priesters. Twee van Engelse afkoms word ook in hierdie lys aangetref. Die derde sieketrooster aan die Kaap was die Duitsgebore Ernestus Back. Talle van hierdie sieketroosters het hulle wedervaringe te boekgestel soos Zeyger van Rechteren oor sy wersaamhede onder andere te Makassar en Banda. J. van Steendam was weer 'n digter. In 1649 verskyn sy bundel Distelvink asook Vreugde-sang en Zeede-sangen.
Aan die Kaap het twee en vyftig sieketroosters diens gedoen: 31 in Kaapstad, 6 in Stellenbosch, 3 in Drakenstein (Paarl), 5 in Swellendam, 4 in Graaff-Reinet, 2 in Zwartland (Malmesbury) en 1 in Tulbagh. Kaapstad was die gemeente waar die eerste siektrooster diens gedoen het, maar ook die laaste, te wete WA van der Worm wat in 1866 oorlede is. Die toename in die getalle van predikante het grotendeels meegebring dat die sieketrooster geleidelik verdwyn het.
Die invloed van betekenis van die werk van die sieketroosters aan die Kaap oor 'n tydperk van tweehonderd jaar was enorm. Nie alleen het hulle toegesien dat die godsdiensoefeninge (terloops, hulle het van die begin af sorg gedra dat die gosdienstige en kerklike feestdae gevier word), maar ook die pastorale en barmhartigheidswerk, selfs onderwys en sending plaatsvind. Op die breë kulturele terrein het hulle ook werk van blywende waarde gedoen.'
v.d.G
Deze tekst is geautomatiseerd gemaakt en kan nog fouten bevatten. Digibron werkt
voortdurend aan correctie. Klik voor het origineel door naar de pdf. Voor opmerkingen,
vragen, informatie: contact.
Op Digibron -en alle daarin opgenomen content- is het databankrecht van toepassing.
Gebruiksvoorwaarden. Data protection law applies to Digibron and the content of this
database. Terms of use.
Bekijk de hele uitgave van donderdag 13 juni 2002
De Waarheidsvriend | 16 Pagina's
Bekijk de hele uitgave van donderdag 13 juni 2002
De Waarheidsvriend | 16 Pagina's